Tuesday, September 30, 2008

bo-aan

daar was mense wat met 'n goeie idee vorendag gekom het: hoekom skryf ons nie almal saam aan 'n sommer woorde nie?? (http://sommerwoorde.blogspot.com/)

dit maak dalk sin.
stuur vir my 'n note, dan maak ek jou 'n 'author' op hierdie
blog, en dan dan skryf jy jou skryf ook hierso - ek het jou email adres nodig, en dis waarmee jy sal moet registreer ook.

Wilhelm

2 comments:

St.Claire said...

Gelukkig bied ek my dienste gratis aan, want ek hunker na Afrikaans. Alles wat ek deesdae skryf is in Engels. Vandag is 'n mooi dag hier in New Orleans, ons lewens is weer terug na normaal en almal is weer hard besig met hul eie lewens. Sporadies sien jy nog omgewaaide bome wat die munisipaliteit nog nie kom oplaai het nie, hier en daar is daar nog vensters toegekap, alles tekens van Orkaan Gustav wat ons summier New Orleans laat ontruim het so paar weke terug. Natuurlik is daar dwarsdeur die stad nog tekens van die woeste Orkaan Katrina wat so 3 jaar terug amper die stad tot nuut gemaak het. Ek is nou maar 3 maande hier in New Orleans maar ek lief die stad, die mense, en dan moet ek bieg .... die kos!!! Belowe julle mense dit wys, want die broeke sit al stywer en die boonste knoop van die oulike Edgars werkshempde maak 'n bietjie moeiliker toe sedert ek hier huis opgesit het. Dit is 'n wonderlike stad..... kom kuier gerus.

Wilhelm said...

Hi St Claire
Jy's nou 'n author - so die teuels is los, jy kan maar nuwe's ook post.
Dis heerlik om te hoor dit gaan goed met jou!
W