Monday, January 5, 2009

Woorde

Woorde

Hoe sit jy jou gevoelens om in woorde

Gee dit dan akkoorde?

Hoe ontbloot jy jou siel?

Vir almal om te sien

Ek soek die woorde

Soek dit in my kop se boorde

Maar niks kom te voorskyn

Die tong het verdwyn

Hoe begin ek pyn op papier sit?

Hoe skryf ek dit swart of wit?

Dis tog onmoontlik om te verwag

Te veel vir my om te vermag

Woordeloos, stemloos,

Willoos, moedeloos

Is dit tyd om op te gee?

Om in te gee aan die woordelose see?

Ek weier die gevoel

Wat so in my woel

Daar is iets beter wat vir my wag

En ek weet dit le binne my mag.

Gee my n minuut om te dink

Sodat ek nie kan sink

Hierdie donker gat sal my nie verslind

Ek is nie meer verblind.

Tersia Latti

Copyright

Wednesday, November 12, 2008

daar

aan die grense van my denke
aan die rand van my lag
teen die ruwe donker kranse
staan my wese en wag

waar my halwe hande in
gewikkelde eenvoud een
teen die ander die warmte
van my siel heen en weer leen

daar is tyd by my verby en het ek
vir 'n ewige oomblik omgegee.

Tuesday, September 30, 2008

bo-aan

daar was mense wat met 'n goeie idee vorendag gekom het: hoekom skryf ons nie almal saam aan 'n sommer woorde nie?? (http://sommerwoorde.blogspot.com/)

dit maak dalk sin.
stuur vir my 'n note, dan maak ek jou 'n 'author' op hierdie
blog, en dan dan skryf jy jou skryf ook hierso - ek het jou email adres nodig, en dis waarmee jy sal moet registreer ook.

Wilhelm